Hey Lead Seminaar 2016

Die Hoëveld Sinode het op 18 Februarie 2016 die Hey Lead Seminaar aangebied.  Hierdie seminaar het deelnemers bemagtig om skole met die regte vaardighede en perspektiewe te benader met die doel om betrokke te raak by die skool.  Deelnemers het die Hey Lead Pakket as hulpbron ontvang, asook praktiese wenke oor hoe om betrokke te raak in die skoolkonteks.  Die seminaar is deur FutureNow Jeugmentor Assosiasie aangebied.  FutureNow vestig vennootskappe tussen gemeentes en skole met die doel om voltydse persone aan te stel wat as jeugmentors optree in die skoolkonteks.  

In die laaste 8 jaar se betrokkenheid in verskeie Oosrand skole, het ons op waardevolle insigte afgekom.  Ons het agter gekom dat predikante nie altyd 'n akkurate perspektief het as dit by skole kom nie.  Die realiteit is dat die kerk met die mooiste intensies in skole wil betrokke raak, maar die kultuur van die skool meestal glad nie in ag neem nie.  Een van vele onderwerpe wat tydens die seminaar bespreek was, was die feit dat leerders se skedules ongelooflik vol is, en dat die oorvol skedules dit uitdagend maak vir gemeentes om geleenthede, aksies of

projekte met skoolkinders te fasiliteer omdat die leerders so besig is.  Hierdie vele ander uitdagings stuit meeste gemeentes om in skole betrokke te raak. Die Hey Lead Seminaar het deelnemers in hierdie verband bemagtig en bewus gemaak van strategieë hoe om ten spyte van vol skedules effektiewe en volhoubare projekte en programme in plaaslike skole te loots. 

In 'n tyd van morele verval en die afwesigheid van waardes, het die kerk 'n enorme rol om te speel om die samelewing weer gesond te kry.  Die skoolkonteks is sonder twyfel die mees effektiefste plek waar die kerk 'n invloed op die samelewing kan hê.   Een van die maniere waarop kerke volhoubaar betrokke by skole kan raak is met leierskap ontwikkeling.  Dis vir hierdie rede wat die Hey Lead Pakket deel gevorm het van die seminaar.

Die Hey Lead Pakket bemagtig individue met 7 leierskap ontwikkeling sessies wat in verskeie formate aangebied kan word. Elke sessie is uitgewerk om deelnemers belangrike beginsels van leierskap aan te leer.  Die fasiliteerder ontvang video-grepe, gedigte, aktiwiteite met props en inhoud op 'n DVD saam met 'n fasiliteerdersgids.  Die materiaal was deur Manie Botha en sy span ontwikkel om individue wat in hulle eie kontekste leiers wil ontwikkel te bemagtig. 

Bemagtig met 'n nuwe perspektief, vaardighede en hulpbronne kan predikante (na die Hey Lead seminaar) met selfvertroue 'n afspraak met enige skool se hoof of beheerliggaamlede maak en 'n volledige plan voorlê hoe die kerk betrokke kan raak  in die skoolkonteks en met effektiewe strategieë 'n volhoubare verskil te maak daar.

Die dag was 'n groot sukses en FutureNow beplan om meer in diepte werkswinkels aan te bied rakende skoolbetrokkenheid.

Vir verdere navrae kan u Janco Mocke by 083 791 5843 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. kontak.  Besoek gerus ook die webtuiste by www.futurenow.org.za.

 

Hey Lead Seminaar HEy Lead Seminaar Groep foto

Gebruikers

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Desember-uitgawe

2017.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
17 November 2017

 2017.11.17