Kinderkonferensie 2017

Wyer en Dieper met Kinderbediening

Die negende jaarlikse Kinderbedieningskonferensie is 26 Mei aangebied. Ons het dieper en wyer in kinderbediening in gedelf, sodat ons met God se hulp, ʼn nuwe visie vir groei in Sy koninkryk kon kry.

Leraars, kinderwerkers, kategesepersoneel van meer as 40 gemeentes - van so ver as Klerksdorp -  het die geleentheid bygewoon. Nege uitstallers, drie hoofsprekers en agt praktiese wegbreeksessies het verseker dat konferensiegangers nie ʼn oomblik verveeld was nie. Dit was ʼn vol en besige dag, maar ʼn leersame, vervullende en bemagtigende geleentheid. Janco en Waldo het natuurlik gesorg vir lekker drama  op die verhoog - en hoe sal ons nou anders kan as om die Here met hart, mond en dans  te loof en prys?

KK1 KK2

Die nood is skole was op die voorgrond met Wynand Coertzen van Transforming Kids se sessie. 26 000 skole - miljoene kinders - en 56 000 kerke met hulpbronne en lidmate wat van onskatbare waarde vir God se koninkryk is. Het jy al gedink hoe God jou en jou gemeente in die buurskool kan gebruik?

 Natuurlik kan ons nie van kinders praat as ons nie die noodsaaklikheid van die familie in ag geneem het nie. Johan Smit van VitaAmp is ʼn passievolle kenner op die gebied en het vele boeke op die (en ander) onderwerpe geskryf. Ons het op tye maar lekker vir hom gelag, maar ons het met nuwe erns gekyk na ons rol as ouers en volwassenes wat met kinders werk.

Nege Wegbreeksessies het praktiese vaardighede oorgedra:

  1. Hoe bied ek kinderkerk aan?
  2. Hoe beskerm ek kinders teen emosionele gevaar?
  3. Hoe gebruik ek Sosiale media in my gemeente?
  4. Hoe kan kinders die Bybel ontdek?
  5. Hoe doen jy Lof en aanbidding met kinders?
  6. Hoe kan jy praktiese hulpmiddels in kinderbediening gebruik?

Dit was ʼn paar vrae wat by die wegbreeksessies beantwoord is.

Ons kan nie wag om die 10de Kinderbedieningskonferensie aan te bied nie - 26 Mei 2018.  Hou die spasie dop!

Kinderkonferensie 27 Mei 2017

Gebruikers

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Desember-uitgawe

2017.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
17 November 2017

 2017.11.17