Bosveld-Wegbreek 21-24 Aug 2017

Struwig Wegbreek 1

Predikante-begeleiding nooi jou graag na ‘n unieke wegbreekgeleentheid.  Die Struwig Eko Reservaat is geleë in die Balule reservaat in die hartjie van die Bosveld.  Dit maak deel uit van die Groter Kruger Nasionale Park eko-sisteem.  Alle heinings oor ‘n gebied van meer as twee miljoen hektaar is verwyder.

Struwig beskik oor meer as vier kilometer rivierfront langs die Olifantsrivier.  Hier baljaar olifant, krokodil en seekoei in die koel water, terwyl leeus snags “serenade”.  Die Groot 5 kom vrylik op Struwig voor … en nog meer!  Struwig is ook ‘n paradys vir voëlkykers - Visarend, ‘n magdom visvangertjies, sysies, watervoëls en as jy gelukkig is … die seldsame Visuil.  Hardekool, maroela, sambokpeul en reuse jakkalsbessies op die oewer.  Kuier saans om ‘n bosveldvuur terwyl jy oor die Olifantsrivier tuur na ‘n asemrowende sonsondergang met ‘n glasie in die hand.

Die datums is eksklusief vir ons gereserveer, geen ander besoekers nie!  Kom ervaar die Bosveld se kalmte en rustigheid en beleef God se skepping op ‘n nuwe manier. 

Ons gaan lekker kuier, gesels en ontspan vir 4 dae en mekaar bedien, ondersteun en bymekaar leer.  Op die koop toe verdien jy ‘n klompie VBO-punte.  Ons woon in chalets met ‘n kombuisie en yskas.  Daar is 8 chalets (2 tot 8 bed), en die eenhede is toegerus met ‘n eie kombuis en badkamer.  Elke eenheid het sy eie braaiplek.  Ons kan selfs ook egpare akkomodeer in kamers met dubbelbeddens.

Vertrek: Maandag 21 Augustus baie vroeg tot Donderdag 24 Augustus laat die middag/vroeg-aand.  Vervoerreëlings sal later deurgegee word aan diegene wat saamgaan. 

Koste: R1,000-00 pp (sterk gesubsidieer).  Dit sluit etes en verblyf in.  Bring asseblief jou eie spesiale drinkgoedjies en ander peuselgoed saam.

DAAR IS NET 25 PLEKKE BESKIKBAAR.

LAAT WEET ASSEBLIEF VIR NATASSJA DAT JY SAAMGAAN!

Om jou plek te bespreek e-pos die inskrywingsvorm aan Natassja by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. met bewys van R500 deposito voor Dinsdag, 8 Augustus 2017. 

Die balans van R500 is betaalbaar voor of op Maandag 14 Augustus 2017.

Kom bederf jouself!

Struwig Wegbreek 7 Struwig Wegbreek 3 Struwig Wegbreek 4 

Struwig Wegbreek 5 Struwig Wegbreek 6

Gebruikers

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Desember-uitgawe

2017.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
17 November 2017

 2017.11.17