Kinderkonferensie 2015

Op 30 Mei 2015 is daar behoorlik STOF opgeskop tydens die jaarlikse Kinderbedieningskonferensie. Die tema vir die konferensie was

Kinderkonferensie logo

Wonderlike inligting is gedeel om nie net Kinders (Johan Smith, Moreletapark)  nie, maar ook families (Jaco Schoeman, Vibrant Faith) en die Leiers (Malan Nel UP) te begelei in dissippelskap.  As ons Jesus volg, sal ons voete, soos Syne, ook vol stof raak omdat Hy bereid was om oral te gaan waar mense Sy boodskap van liefde en genade nodig het. Dit impliseer dat dissipelskap soms ongewilde, ongerieflike en ongemaklike werk is waar ons vol stof sal word.

Tydens die praktiese sessies is wenke deurgegee sodat ons meer kon leer oor Kreatiewe aanbieding van Bybelverhale, (Jorrie Jonker, Moreletapark) Depressie by kinders (Nicolette Pretorius, Moreletapark), Hoop vir Kinders (Driaan en Maggie Brits, EE3) en LP3 Kurrikulum (Paul du Toit).

Na ʼn smaaklike middagete en lekker gesels kon ons weer verder leer van die “Protective Behavior” program (Hayley Walker, Northfield Methodist, Benoni), hoe kinders se Geloofsvorming plaasvind (Emile Ferreira, Moreletapark en Natalia Strydom, Randburg Suid) en hoe om ʼn vrywilligerskorps te werf en te motiveer (Lizelle Liebenberg, Duet Potch).

Konferensiegangers is daar weg met nuwe ywer en entoesiasme vir hulle Kinderbedienings.

Ons tot die besef gekom dat ons reputasie as dissipels van Jesus van so aard moet wees dat dit nie vir ons en ons kinders vreemd sal wees om vol stof te word op die pad waar ons Sy opdrag uitvoer om mense Sy dissipels te maak nie.

Laat ons met stowwerige voete vir Jesus deur die lewe gaan.

Stof tot nadenke!!!

Esther Vorster

Namens ToekomsNou Diensgroep: Kinderbediening

 

11011735 10153395485607871 6747428630411364862 n 1551606 10153395485217871 625508043344335260 n 11059665 10153395484712871 740884291002015061 n 11205555 10153395485952871 3983838603372845539 n

11167854 10153395484257871 9057745620248675925 n 11351276 10153395485947871 7393876212695662333 n 11351203 10153395485572871 7302859369819886395 n 

Gebruikers

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Desember-uitgawe

2017.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
17 November 2017

 2017.11.17