LiG Desember 2018

In die Desember/Januarie-uitgawe van LiG …

vier ons fees! Ons kuier rondom ‘n Kerstafel met Juanita du Plessis en haar mense. En nooi koninkrykwerkers om te vertel van hul lewe tussen armes en gebrokenes.

Ons vra waar pas Kersfees in die Bybelse feeste in, gee aan ouers idees vir geskenke wat geld nie kan koop nie. En bied oulike planne vir gesinne om speel-speel hierdie vakansie herinneringe te maak.

Louis en Hettie Brittz vertel van hulle geloofsprong tot in Amerika. En ‘n entrepreneur vertel hoe haar passie haar pyn se baas is.

Kundiges gee raad om uit die kloue van trauma te kom. Stephan Joubert skryf oor hoe God oor armoede en rykdom dink. En ons handwerkpatroon is ‘n uitstekende idee vir ‘n Kersgeskenk.

LiG – vir jou en jou mense

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2018.12

LiG November 2018

Lees in die November-uitgawe van LiG …

waar Tanya van Graan vertel dat haar roeping is om te dien.

Ons gesels ook met Survivor-predikant, Werner Joubert oor sy geloof en sy gesin.

‘n Dominee van Port Elizabeth vertel hoe hy die Goeie Nuus aan seemanne bring. En ‘n gesin wat in vyf verskillende lande woon, gee raad wanneer jou geliefdes ver is. 

Ons gee wenke vir ouers oor hoe om ‘n visser(tjie) van mense groot te maak, en hoe jou kind met sy kop én sy hart kan leer.

Kry inspirasie om die storms in jou lewe te trotseer en hoe om jou drome vandag nog uit te leef.

2018.11

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

LiG Oktober 2018

Lees in die Oktober-uitgawe van LiG ...

hoe die waarde van niksdoen ontdek word en dat dit ‘n Bybelse opdrag is.

Ons gesels ook met Nádine oor die liefde in haar lewe en Frank Rautenbach vertel oor die ander plan wat God vir sy loopbaan beplan het.

‘n Skrywer vertel hoe hy en sy 4-jarige seun deur die kerkgeskiedenis gereis het. En ‘n paartjie deel hulle storie van verlies, hoop en genade.

LiG ondersoek die humor in die Bybel, ons vra waarom Hooglied in die Bybel hoort en raak weer verwonderd oor God se genade wat nooit ophou nie.

Ons kyk na die waarde van skoolsport en hoe om die regte terapeut vir jou kind te kies.

LiG – vir jou en jou mense

2018.10

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

LiG September 2018

Lees in die September-uitgawe van LiG ...

waar Pierre van Pletzen en Sandra Vaughn vertel dat God hulle anker is. Jo Black vertel ook van sy skip wat ingekom het, en Ivan Botha neem ons agter die kamera van sy nuwe fliek, Stroomop.

Hoe groei ‘n mens geestelik? Stephan Joubert gee drie waarhede wat gelowiges help. En kundiges gee wenke oor hoe om jou kind geestelik te help groei.

Lees ook die inspirasie-stories van ‘n Lupus-lyer wat eers kwaad was vir God, maar nou vir Hom getuig en ‘n ma van ‘n drieling wat vrou-alleen boer.

Ons gee raad as jy voel dat jy en jou huweliksmaat mekaar ontgroei het. En hoe gebare jou kind se ontwikkeling kan help.

LiG – vir jou en jou mense.

Volg ons op Facebook en Instagram by @ligtydskrif.

2018.09

LiG Augustus 2018

Lees in die Augustus-uitgawe van LiG …

hoe Tracey Lange ons lewe opvrolik! Ons vertel van ‘n vrou se rommelterapie na haar kinders se dood. En skryf ‘n huldeblyk aan Annalise Wiid, geliefde woordkunstenaar.

Agt vroue vertel hoe woorde die wêreld ‘n beter plek maak. En ons gee raad oor wanneer om stil te bly en wanneer om te praat as frustrasies jou huwelik tref.

Sukkel jy om te bid? Ons gee wenke uit Bybel. Lees ook die artikel oor hoe om ‘n betroubare Bybelvertaling te kies.

Vir ouers gee ons raad oor hoe om kinders sonder vrese groot te maak. En kundiges gee agt wenke om jou kind se woordeskat te ontwikkel – dis boustene vir sukses.

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhou te lees, besoek www.lig.co.za.

2018.08

LiG Julie 2018

Lees in die Julie-uitgawe van LiG ...

waar Erica Wessels vertel oor haar soek en vind van God.

Two Oceans-wenner, Gerda Steyn, vertel hoe sy verras was oor haar hardlooptalent. En twee jong argitekte deel hulle storie van gehoorsaamheid in die sendingwêreld.

Ons gee 35 maniere om gehalte-tyd met jou kind te spandeer hierdie vakansie. Kundiges gee ook raad as jou man aan pornografie verslaaf is.

Lees oor mense wat bergklim op soek na God – van Moses tot nou. En kry ons vier bid-bakens wanneer jy ‘n woestyntyd beleef.

Maak self ‘n knus mus vir jou koffiemaker (“plunger”)!

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2018.07

LiG Junie 2018

Lees in die Junie-uitgawe van LiG ...

.......waar Nadine Blom vertel hoe sy besef het dat God lief is vir stukkende mense.

Skrywer en skilder, Carina Stander, vertel ook hoe haar ouers haar andersheid gevier het.

Ons leer oor wat die Bybel oor die hemel sê? En vind uit wat God ons oor pa-wees leer.

Ons gee ook raad as jou geliefde aan Alzheimersiekte ly. En gesels met 60-plussers wat die lewe aangryp en vier!

LiG gesels met kenners en ouers oor huiswerk op laerskool – is dit die moeite werd? Ons gee raad oor hoe om kreatiewe kinders groot te maak (hulle presteer beter!) en sien hoe #imagine jonges laat droom en dien.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2018.06

LiG Mei 2018

Lees in die Mei-uitgawe van LiG ...

... waar Elizma Theron vertel hoe sy kies op om God se goedheid te fokus, ná die huisroof wat haar gesin moes deurmaak.

Ons dink aan Hemelvaart, en wys vyf beloftes uit waarom ons daaroor kan fees vier. Ons help jou ook om die Heilige Gees binne jou te ontdek.

Helena Hugo vertel dat haar skryfwerk haar bediening is. En ‘n sportdominee getuig hoe sokker en gehoorsaamheid die evangelie bring.

LiG praat met kenners oor hoe om jou kind te beskerm teen seksuele misbruik. Ons wys jou ook hoe om in jou kind ‘n diensbare hart te kweek.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za 

2018.05

LiG April 2018

Die April-uitgawe van LiG vertel ...

Ons vier Paasfees in LiG se April-uitgawe! Lees hoe ons God se omgee by die kruis beleef, en hoe jy jou oorvloed in Jesus kan vind. Daar is ook 'n mooi krans wat jy met lap en knope kan maak.

Ons gesels met Rina Hugo oor haar loopbaan en haar huwelik van byna 50 jaar. En hoor Hykie Berg se inspirerende storie waar hy Jesus se liefde gesien en gevoel het.

Ons gee raad oor hoe om met jou kind oor geweld in die Bybel te praat, en wat jy kan doen om jou kind se geestelike gawes te ontdek.

Lees die verhaal van 'n vrou wat deur haar kuns genesing vind, en 'n gewone man wat die wêreld verander deur stories voor te lees.

Ons wonder ook oor genadedood, en wat ‘n gelowige daarvan moet dink.

2018.04

Soek

LiG Tydskrif

 Lees in LiG se Des/Jan-uitgawe

 

2018.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
2 November 2018

 2018.11.02