Kerkbode 2 November 2018

In die Kerkbode van 2 November ... 

verduidelik ds Immanuel van Tonder waaroor  “mindfulness” gaan – en hy vertel wat dit vir hom beteken het toe sy huis onlangs afgebrand het.

Prof Johan van der Merwe praat oor die lesse wat hy van die ontvangkant af oor siekebesoek geleer het toe hy verlede jaar half-verlam in die hospitaal gelê het nadat hy geopereer is om ʼn kwaadaardige kankergewas te verwyder.

Lees ook hoe Ouma Lena se huis buite Stilbaai ʼn vangnet vir kinders geword het.

Prof Cas Wepener skryf oor wat die kerk in dié tyd van die jaar kan leer by “die liturgie van die mall”.

Daar is ʼn berig oor ʼn konferensie wat onlangs  oor Vroeë Kinderontwikkeling gehou is met die oog daarop om gemeentes te help om daarby betrokke te raak.

Lees ook oor die sittings van die Oostelike Sinode en Sinode Hoëveld.

2018.11.02

Soek

LiG Tydskrif

 Lees in LiG se Des/Jan-uitgawe

 

2018.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
2 November 2018

 2018.11.02