Kerkbode: 17 November 2017

Lees in die Kerkbode van 17 November ...

Kerkbode van 17 November vertel verskeie verhale oor eenheid. Uit Sinode Goudland kom die verhaal van 24 swart gemeentes wat hulle by die NG Kerk aangesluit het.

Uit die Wes-Kaap is daar die verhaal van die Wesland Verenigende Ring wie se paadjie na eenheid soms stamperig verloop het, maar vir wie die Tussenorde die pad nou baie gelyker maak.

In die middestad van Pretoria het die gemeente van die NG Kerk en dié van die Verenigende Gereformeerde Kerk by ’n erediens hulself ook verbind tot eenheid.

Lees ook oor ’n erediens op Hervormingsdag waar Protestante en Katolieke saam die historiese gebeure van ’n halwe millennium gelede in herinningerig geroep het.

Van die ander leesstof in dié Kerkbode handel oor twee gemeentes wat die grens na Swaziland (en in die proses ook ander grense) oorgesteek het; oor gelowiges wie se omgeedade ’n skaapboer uit die Karoo se ramp omgekeer het; oor lofdansers van Nelspruit wat hoop losdans; en oor ’n bobaas-storieverteller – in gebaretaal.

2017.11.17

Gebruikers

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Desember-uitgawe

2017.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
1 Desember 2017

 2017.12.01