Sertifikaat in Bedieningsvernuwing 2018

Excelsus

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling aan die Fakulteit Teologie en Religie by UP) het in 2014 in samewerking met Shepherd in Bloemfontein en Communitas in Stellenbosch ‘n Sertifikaatkursus in Bedieningsvernuwing geloods.

Dit is ‘n intensiewe kursus wat bedoel om predikante te help om op ‘n dieper en meer grondige vlak geheroriënteer te word ten opsigte van hulle bediening.

Die kursus word in die formaat van nege blokke (van 3 dae elk) oor die loop van drie jaar aangebied. (Sien aangehegte bekendstellingspamflet). Persone wat inskryf, verbind hulle vir die volle drie jaar van die kursus en woon 3 kontaksessies per jaar by.

Ons probeer die koste so laag as moontlik hou en vra R 875-00 per module (wat kursusmateriaal, 2 middagetes en 3 dae se verversings insluit). Betaling geskied per module, maar kan ook per jaar (dws R 2 625-00) of vir die hele kursus vooruit (dws R 7 875-00) betaal word.

Persone wat die volle kursus voltooi, verwerf 180 VBO-punte (dws 60 punte per jaar).

Die eerste jaargroep het in 2014 met die eerste drie modules begin en het in 2016 die laaste modules afgehandel. Die tweede jaargroep het in 2015 begin met die eerste drie modules en het vanjaar die laaste modules afgehandel. Die derde jaargroep het in 2017 begin en het reeds die eerste drie modules afgehandel.

Ons is besig om ‘n vierde groep predikante saam te stel wat in 2018 met die eerste 2 modules sal begin.

Die voorlopige datums vir die eerste twee modules is

6-8 Augustus 2018:  Oor ons Konteks – om die wêreld en tye waarin ons leef, dieper te verstaan.  en

9-11 Oktober 2018:  Oor Gemeentes – deel van die probleem of deel van die antwoord?

Vir meer inligting oor hierdie kursus, kliek hier.

Indien jy belangstel om deel van die kursus te wees, kan jy vir Rika van Rensburg kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 012 420 6738 (08:00 – 13:00) of die inskrywingsvorm voltooi en aanstuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Beste wense

André Bartlett
Hoof: Excelsus

Soek

LiG Tydskrif

 Lees in LiG se Oktober-uitgawe

2018.10

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
21 September 2018

 2018.09.21