Liturgiese Voorstelle vir 'n Missionale Kerk

Liturgiese Voorstelle en Formuliere

Gebedeboek met liturgiese voorstelle

Daar behoort altyd ‘n kreatiewe spanning tussen wortels en vlerke (betroubare weë en nuwe moontlikhede) te wees - ook in oorgangstye. Die NG Kerk bevind haarself midde in ‘n gekose kultuurskuif na ‘n missionale kerk. ‘n Ryke verskeidenheid gebede, belydenisse, simbole, rituele, formuliere en ander liturgiese elemente is in omloop. Neem gerus kennis van die “Gebedeboek met liturgiese voorstelle” wat in 2002 uitgegee is. Die Algemene Sinode se “Missionale Kerkwees - Erediens en Liturgie”, onderneem om ‘n dokument getiteld, “Liturgiese Voorstelle vir ‘n Missionale Kerk” saam te stel, om in eredienste te benut.

Die formaat vir “Liturgiese Voorstelle vir ‘n Missionale Kerk” is:

  • Vier bewegings in die Erediens

- God versamel ons

- Diens van die Woord

- Diens van die Tafel

- Uitsending

  • Inleidend tot elke beweging

- Wat behoort ‘n missionale gemeente AF te leer?

- Wat behoort ‘n missionale gemeente AAN te leer?

Versoek

Stuur asb bydraes van liturgiese voorstelle en formuliere wat in missionale eredienste benut kan word teen 31 Julie 2018 na:

Suzanne van der Merwe by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Bydraes sal deur die samestellers (Barnard Steyn, Suzanne van der Merwe, Dieter de Bruin en Tertius Erasmus) oorweeg en bygewerk word.

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Augustus-uitgawe

2018.08

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
20 Julie 2018

 2018.07.20