Creation Care and the Gospel

In Februarie vind ’n belangrike konferensie oor Aardversorging van 19 – 23 Februarie in Pietermaritzburg by African Enterprise se sentrum in Pietermartizburg plaas (Kliek hier).

Die konferensie is die negende in ’n reeks na die 2010 Lausanne byeenkoms oor Wêreld Evangelisasie wat in Kaapstad plaasgevind het. Dáár is besluit dat aardversorging ’n kernsaak vir die evangelie. Die besluit is opgevolg met ’n byeenkoms in Jamaica waar ’n “Call to action” ontwikkel is en is besluit om streekkonferensies wêreld-oor te reël. Die streek konferensies trek gelowiges uit die kerk, wetenskap, landbou ens. saam om te praat, dink en te beplan wat plaaslike gedoen kan word om aktief die sorg van die aarde te bevorder.

Die program fokus op drie temas: God’s Word – teologie; God’s world – die toestand van die aarde – klimaatsverandering, besoedeling, skade aan biodiversiteit. God’s work – praktiese projekte wat impak maak.

Die Suider-Afrikaanse konferensie nooi afgevaardigdes uit suidelike Afrika en selfs vêrder om deel te neem. Belangstellendes kan gerus die webtuiste: www.arocha.org.za besoek of stuur ’n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

(Tydens die 2010 Lausanne byeenkoms oor wêreld-evangelisasie in Kaapstad is aardesorg erken as ’n kernsaak van die evangelie. Daardie byeenkoms van 4500 kerkleiers het bely “we must repent of our part in the destruction, waste and pollution of the earth's resources and of our collusion in the toxic idolatry of consumerism. Instead, we must commit ourselves to urgent and  prophetic ecological responsibility. We must commit ourselves to ecological responsibility in actively caring for everything that God has made, as an expression of our love for Him and for other people”)

Groete

Dr Gustav Claassen
Algemene Sekretaris / General Secretary
Nederduitse Gereformeerde Kerk / Dutch Reformed Church

Gebruikers

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Maart-uitgawe

2018.03

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
16 Februarie 2018

 2018.02.16