Kerkbode: 3 November 2017

Die Kerkbode van 3 November vertel ...

... hoe daar op die klein Karoodorpie Touwsrivier ’n doelgerigte pad na kerkeenheid gestap word.

Lees ook van motorwagte aan wie “pratende Bybels” uitgedeel is, oor ’n pretdraf op Merweville wat ’n draer van Jesus-liefde word, oor ’n herwinningsprojek op Vryburg wat twee vlieë met een klap slaan, oor ’n verhouding tussen ’n Wes-Kaapse gemeente en ’n susterskerk in Sri Lanka, oor die NG Kerk se gemeentes in Zimbabwe, en oor ’n gesin wat drie kinders in pleegsorg geneem het.

Daar is verskeie bydraes teen die agtergrond van die Reformasievieringe, onder meer een met ’n verrassende pespektief op die bieg en een wat verduidelik hoe Martin Luther se invloed ver wyer as die kerk strek.

Lees ook oor ‘n voorstel dat die hofsaak van ’n aantal lidmate teen die kerk liewer deur arbitrasie besleg moet word.

2017.11.03

Gebruikers

Soek

Volg ons op Facebook

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Desember-uitgawe

2017.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
17 November 2017

 2017.11.17