LiG Februarie 2017

In LiG se Februarie-uitgawe vier ons Jesus se lewe, en skryf hoe gasvryheid God se teenwoordigheid bring.

Ons gesels met Desiré Gardner oor haar geloof, kinders en ‘n humorsin. LiG kuier ook by ‘n juffrou in ‘n rolstoel en word geïnspireer deur Frans Cronjé en sy nuwe fliek.

Kom ontdek die seën van sinvolle saamwees met jou kind en lees hoe om ‘n gelukkige enkelouer-gesin te wees. Kry ook idees vir gesonde kosblikke in ‘n japtrap.

Lees ook die artikel oor angsaanvalle en hoe mense dit hanteer.

2017.02

LiG Maart 2017

Lees in LiG se Maart-uitgawe waarin ...

... Zetske van Pletzen vertel hoe haar hart wil ontplof van liefde vir haar nuwe babaseuntjie. Ons gesels met ‘n entrepreneur wat ten spyte van geweldige pyn, ‘n betekenisvolle leef. ‘n Leser vertel ook van ‘n giftige slangbyt en hoe dit haar lewe verander het.

Ontgin jou kind se potensiaal met ons intelligensie-gids. Kry raad oor hoe om jou afgetrede ouers te ondersteun, en lees die stories van paartjies wat hul hart oopmaak oor onvrugbaarheid.
Indien jy vandeesmaand op LiG inteken, staan jy ‘n kans om ‘n toer na Israel te wen!

Kry ook jou gespreksgids vir selgroepe in elke uitgawe van LiG.

2017.03

LiG: April 2017

In LiG se Paasfees-uitgawe vertel geliefde sangeres, Juanita du Plessis hoe sy steeds Boontoe kyk. Ons gee idees vir saamdoendinge dié Paasfees en dink na oor die ware wingerdstok – Jesus Christus.

Ons kuier by akteur Ben Kruger, meesterkok en ouderling. En hoor die verhaal van God wat werklose vroue verander in kreatiewe koninginne.

Leer ook hoe om kos-etikette reg te lees, kry raad oor die moets en moenies langs jou kind se sportveld en die tien maniere waarop jy jou huwelik kan bou.

2017.04

Lig: Mei 2017

In LiG se Mei-uitgawe raak ons stil ...

Marié Britz vertel van haar 30 dae van stilte, en wat sy van God geleer het.

LiG kuier by ‘n dowe prediker wat die evangelie in gebaretaal verkondig. En ons leer hoedat stilte ook gebed is.

Die bekroonde sangeres, Leah, vertel in hierdie uitgawe hoe sy haar geloof lééf.

Lees ook hoe jy jou kind kan leer ontspan, hoe jy stilstuipe in jou huwelik kan stuit en hoe om die seën wat jy ontvang het, aan te gee.

2017.05

Soek

Volg ons op Facebook

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Augustus-uitgawe

2018.08

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
3 Augustus 2018

 2018.08.03