Kerkbode 26 Januarie 2018

Lees in die eerste Kerkbode van 2018 ...

Die eerste Kerkbode van 2018 bring ’n verskeidenheid van nuus uit die kerk. Lees oor ’n nuwe speelpark vir kinders in ’n arm gemeenskap, oor ’n boer wat in sy werkers belê en die vrugte daarvan pluk, oor rockkonserte wat soos missionale eredienste is, en oor hoe die ramphulp aan Knysna nou oor ’n baie wyer front nood verlig.

Lees wat skryf ds Nelis Janse van Rensburg oor die Koninkryk van God in 2018, en van die lesse wat ’n jong sendeling tydens uitreike na Botswana geleer het.

Ds Henk Gous sê hoe hy dink die gesprek oor verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag op ‘n beter manier gevoer kan word en dr André Bartlett skryf oor ’n aangrypende skildery na aanleiding van die kindermoord in Betlehem.

Kerkbode: Met die nuwe toepassing (app) is die Kerkbode nog makliker toeganklik. Kerknuus is onmiddellik op lidmate se selfone beskikbaar. Saam met dié app is die e-Kerkbode ook per e-pos gratis beskikbaar. Teken in by www.christians.kerkbode.co.za

2018.01.26

Soek

LiG Tydskrif

 Lees in LiG se Des/Jan-uitgawe

 

2018.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
2 November 2018

 2018.11.02