Kerkbode 18 Mei 2018

Lees in die Kerkbode van 18 Mei ...

Op 76 het ds Petrus Moolman sy doktorsgraad verwerf oor hoe ʼn holistiese seniorbediening vir die kerk kan lyk. Kerkbode vertel meer van dié gedagtes wat hy met die kerk wil deel.

Lees ook oor ʼn bediening vir kwesbare vroue wat in twaalfde kanse glo; van ʼn gemeente wat ʼn arm gemeenskap in Mosambiek besoek het en ryker teruggekom het as wat hulle gegaan het; en van die kerk se “biesiemandjie vol hoop” vir vroue met krisisswangerskappe.

Alan Childs vertel watter hoop daar lê in vennootskappe met nie-regeringsorganisasies vir stadsgemeentes wat sukkel om te oorleef.

Kerkbode stel u ook voor aan Pierre du Plessis, die wenner van die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerke met sy boek: Jesus ruik na mirre en stof.

Lees ook die jongste nuus oor die hofsaak tussen ʼn groep lidmate en die kerk, oor ʼn koorfees, oor die kerk se pogings om rustigheid in Noordwes-te help bring, en oor samewerking tussen kerke in Tshwane.

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Junie-uitgawe

2018.06

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
18 Mei 2018

 2018.05.18