LiG Junie 2018

Lees in die Junie-uitgawe van LiG ...

.......waar Nadine Blom vertel hoe sy besef het dat God lief is vir stukkende mense.

Skrywer en skilder, Carina Stander, vertel ook hoe haar ouers haar andersheid gevier het.

Ons leer oor wat die Bybel oor die hemel sê? En vind uit wat God ons oor pa-wees leer.

Ons gee ook raad as jou geliefde aan Alzheimersiekte ly. En gesels met 60-plussers wat die lewe aangryp en vier!

LiG gesels met kenners en ouers oor huiswerk op laerskool – is dit die moeite werd? Ons gee raad oor hoe om kreatiewe kinders groot te maak (hulle presteer beter!) en sien hoe #imagine jonges laat droom en dien.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2018.06

LiG Mei 2018

Lees in die Mei-uitgawe van LiG ...

... waar Elizma Theron vertel hoe sy kies op om God se goedheid te fokus, ná die huisroof wat haar gesin moes deurmaak.

Ons dink aan Hemelvaart, en wys vyf beloftes uit waarom ons daaroor kan fees vier. Ons help jou ook om die Heilige Gees binne jou te ontdek.

Helena Hugo vertel dat haar skryfwerk haar bediening is. En ‘n sportdominee getuig hoe sokker en gehoorsaamheid die evangelie bring.

LiG praat met kenners oor hoe om jou kind te beskerm teen seksuele misbruik. Ons wys jou ook hoe om in jou kind ‘n diensbare hart te kweek.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za 

2018.05

LiG April 2018

Die April-uitgawe van LiG vertel ...

Ons vier Paasfees in LiG se April-uitgawe! Lees hoe ons God se omgee by die kruis beleef, en hoe jy jou oorvloed in Jesus kan vind. Daar is ook 'n mooi krans wat jy met lap en knope kan maak.

Ons gesels met Rina Hugo oor haar loopbaan en haar huwelik van byna 50 jaar. En hoor Hykie Berg se inspirerende storie waar hy Jesus se liefde gesien en gevoel het.

Ons gee raad oor hoe om met jou kind oor geweld in die Bybel te praat, en wat jy kan doen om jou kind se geestelike gawes te ontdek.

Lees die verhaal van 'n vrou wat deur haar kuns genesing vind, en 'n gewone man wat die wêreld verander deur stories voor te lees.

Ons wonder ook oor genadedood, en wat ‘n gelowige daarvan moet dink.

2018.04

LiG Maart 2018

Lees in die Maart-uitgawe van LiG ...

In die Maart-LiG vloei ons harte oor van hoop! Ons ry saam op ‘n boeke-bus wat hoop vir kinders bring. En vertel van ‘n ouma wat deur haar seun se dood en haar eie kanker steeds sê: “God is goed!”

Hanna Grobler en Liza Brönner vertel dat hul vriendskap ‘n seën van God is. Predikant, Jaco Strydom, inspireer ons om te lééf soos ons glo.

Vir ouers is daar uitstekende raad oor hoe om vir jou kind ‘n emosionele woordeskat aan te leer; oor die verhouding tussen jou en jou kind se onderwyser; en hoe om jou tiener met jou te laat praat.

Ons ondersoek hoe om depressie by bejaardes te hanteer. En kyk wat God se idee met die huwelik is.

Lees ook van hoopgewers deur die geskiedenis, en van Jesus – ons “Lewende hoop”.

2018.03

LiG Februarie 2018

In LiG se Februarie-uitgawe straal ons van vreugde! Franja du Plessis vertel hoe sy haar sangloopbaan aan God se genade te danke het. Ons gesels met Zanne Stapelberg ná haar tyd van swaarkry.

Ons leer uit die Bybel hoe jy jou vreugde in die Here kan vind. En motiveer jou om ‘n kopskuif in 2018 te maak – jy kán jou gelukkig dink!

Ons gee raad aan ouers:

  • Probleme met maats – moet jy terugstaan of ingryp?
  • Hoe om ‘n gebroke tienerhart te troos
  • 12 gebede om vir jou kind te bid

LiG het ook heerlike resepte vir kos wat nou in seisoen is, en ’n pragtige hekelpatroon vir ’n vrolike kussing.

Maak ’n verskil! 1% van LiG se inteken-inkomste gaan aan projekte wat fokus op vroeëkinderontwikkeling. Teken nou in as gemeente by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en kry ook afslag.

2018.02

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Junie-uitgawe

2018.06

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
18 Mei 2018

 2018.05.18