Re-Imagine Matriekfees

Ons kry baie navrae oor hoekom daar nie meer ‘skollie-kampe’ of skoolverlaters-kampe is nie.  En die goeie nuus is dat ons nog steeds, na meer as 40 jaar, ’n week lange avontuur slegs vir matrikulante aanbied.  By die see! 

Twee Matriekfeeste word aangebied – een in Heroldsbaai (naby George)  en een in Noordhoek  (agter Tafelberg). 

Ons besef dat matrikulante baie ander geleenthede na die eindeksamen het, maar nie alles is heilsaam nie.  Baie van daardie geleenthede is uitermate duur.  Hierdie matriekfees is bekostigbaar, baie pret en met hope geleenthede vir asemskep en vriendemaak voordat die grootmenswêreld betree word.  Moenie hierdie belangrike oorgangsfase in julle jong lidmate se lewe afskeep nie.  Moedig matrikulante aan, borg hulle selfs, om saam met ons te kom feesvier!

Kliek hier vir die Inskrywingsvorm.

Re Imagine Matriekfees

Gebruikers

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Desember-uitgawe

2017.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
17 November 2017

 2017.11.17