Sondag vir bewusmaking van persone met gestremdheid - 28 Augustus 2016

“Ek wens ek kan voel dat ek regtig behoort tussen die mense in die kerk – soos al die ander wat daar ʼn rol speel. Ek beleef egter meesal dat mense fokus op my beperkinge en my nie ʼn kans gun om ook my gawes met hulle te deel nie. Omdat ek ʼn rolstoel gebruik, dink hulle ek kan nie myself help nie, en ook niemand anders nie” – Daniël, ʼn jongman na ʼn motorongeluk.

Alle kerke word uitgenooi om deel te neem aan ʼn spesiale dag om die insluiting van persone met gestremdheid te vier.

Die tema vir 2016 is ‘Werklike behoort tot die liggaam van Christus’.

Op die RampUp webwerf is daar 'n aflaaibare pamflet met vars inligting en idees oor hoe hierdie Sondag vir Persone met Gestremdheid gevier kan word. ʼn Goeie beginpunt kan ook wees om ʼn besprekingsgroep bymekaar te kry waar gestremde en nie-gestremde persone kan saam dink oor die volgende vrae:

 Wat is die ervarings van persone met gestremdheid in kerke?

 Wat is die redes waarom so min gestremdes betrokke is in die kerk?

 Hoe kan ons gesprek bevorder tussen gestremdes en nie-gestremdes?

 Wat sal werklike insluiting en ‘behoort tot’ beteken vir persone met gestremdheid?

 Op watter praktiese maniere kan aktiewe insluiting bevorder word?

Op die webwerf www.rampup.co.za is daar ook baie ander inligting wat aangewend kan word vir 'n voortgaande program van insluiting.

Stuur gerus vrae en voorstelle na Erna Möller by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Kliek hier vir Frederick Marais se preekskets wat deur predikante gebruik kan word vir diè geleentheid.

ngknet gestremdheidb ngknet gestremdheidb2

 

ngknet gestremdheidb3

Gebruikers

Soek

LiG Tydskrif

 

Lees in LiG se Desember-uitgawe

2017.12

Kerkbode

Lees in die Kerkbode van
17 November 2017

 2017.11.17